Kondensmelk Koekies

BESTANDELE:

  • 12k meel
  • 3k suiker
  • 4 eiers
  • 5tl koeksoda
  • 5tl kremetart
  • 2El stroop
  • 1blik kondensmelk
  • 500gr margerine/botter

VOORBEREIDING:

  1. Sit oond op 180ºC
  2. Meng botter/margerine en suiker goed saam(tot roomerig)
  3. Voeg eiers een vir een by en roer
  4. Voeg stroop en kondensmelk by en meng goed
  5. Sif meel, koeksoda en kremetart saam en voeg by mengsel
  6. Knie tot stywe deeg
  7. Rol uit deeg uit en sit deur vleismeule of drink vorms uit deeg
  8. Pak in oond vir 10/12min.

As koekies afgekoel het kan jy chocolate smelt en dit daarin dip vir ekstra smaak.

2 comments:

Anonymous said...

Hi daar,
Die margerine is te min vir die hoeveelheid droë-bestandele. 1kg Margerine werk vir die hoeveelheid. Andesins is die koekies die beste

Anonymous said...

Hi

Die margarine is genoeg maar die meel moet slegs 10 koppies wees. Ek het die resep by my suster gekry wie se skoonma al die jare die koekies gebak het. Skoonma se koekies was egter baie lekkerder en ek wonder of sy nie dalk vet gebruik het in plaas van margarien/botter nie.