Volroom Roomys

BESTANDELE:
  • 1L Room
  • 2 x blikkies kondensmelk
  • 4 eiers (geskei)
  • 1 kop versier suiker
  • 5ml vanilla geursel
  • 5ml Karamel geursel
METODE:
  1. Klits room tot styf, hou eenkant
  2. Klits eierwitte tot styf, hou eenkant
  3. Meng eier gele en versier suiker saam, hou een kant
  4. Klits die kondensmelk by styf geklitse room
  5. Voeg by die versiersuiker mengsel en klits goed
  6. Voeg nou die vanilla en karamel geursel en eier witte by mengsel en klits alles goed saam.
  7. Gooi oor in roomys bakke
  8. Sit in vrieskas vir 8 of meer ure voor inskep.
Maak bietjie meer as 2 L

No comments: